AKADEMIE
KURRI-
KULUM
By Laerskool Gericke is akademie ons belangrikste prioriteit. Daar word streng volgens die voorskrifte van die Kurrikulum- en Assesseringsbeleidsverklaring (KABV-kurrikulum) onderrig en geassesseer. Elke graad is verdeel in twee Afrikaans-medium klasse en een dubbelmediumklas (Afrikaans en Engels). Afrikaanse leerders in die dubbelmediumklas neem Afrikaans en Engels as huistaal. Alle graad 4- tot 7-leerders ontvang een periode per week Xhosa-onderrig as ‘n ekstra vak, wat slegs informeel geassesseer word.
​
We fundamentally believe in the following:
​
The primary cause of below average or average performance in school is learners not knowing their multiplication tables and/or not being able to read with comprehension. Therefore, we must stand together and agree that excuses will not be accepted if learners do not know their multiplication tables. Please help by practising this daily. Learners should be able to provide answers to multiplication table questions within seconds.
​
Klem word gelê op 20 minute daaglikse LEES. Enige boek, tydskrif of koerant kan gelees word, solank die materiaal in Afrikaans of Engels (tale van onderrig en leer by Laerskool Gericke) is. Effektiewe leer in die klaskamer sal bevorder word as leerders KAN LEES en veral met INSIG EN BEGRIP kan lees. Sommige leerders presteer nie na wense nie, omdat hulle nie goed kan lees nie of nie verstaan wat hulle lees nie. Selfs Wiskunde verbeter as leerders met begrip kan lees, veral met die beantwoording van woordsomme.
​
Interessante inligting van Adinda Vermaak, Afrikaans-vakadviseur in Metro-Noord:
​
-
Die woordeskat van ‘n leerder in die Grondslagfase is ‘n voorspeller van die leesbegrip van daardie leerder in die Intermediëre- en Seniorfase.
-
Leerders se mondelinge woordeskat aan die einde van graad 1 kan gebruik word om selfs hul prestasie in die hoërskool te voorspel. ‘n Leerder met ‘n beperkte woordeskat leer boonop minder woorde aan as ‘n leerder wat alreeds ‘n groot woordeskat het. Die tragedie is dat hierdie gaping nie alleen voortduur nie, maar vergroot soos die leerders van die een graad na die ander vorder.
-
Dit is dikwels as gevolg van ‘n gebrekkige woordeskat dat leerders hul graad druip.
-
Die toppresteerders in graad 10 tot 12 ken ongeveer vier keer meer woorde as hul klasmaats wat swak presteer.
Multiplication tables and combinations should be practised daily. Regular practice of these allows teachers to teach Mathematics more effectively. Learners are encouraged to know there times tables well and they are informally assessed regularly during each term in this regard.
​
Families who spend time at home practising the above basic skills, will be more receptive in the classroom to absorb and process information. Therefore, more learning will take place.
Furthermore, the teacher can concentrate more on completing the curriculum without spending unnecessary time on learners who haven't mastered the basic skills. Instructional time will then be focused on learning rather than homework checking.
Ter versterking van die leerproses en om voorsiening te maak vir die ouditiewe én visuele leerders, beskik Laerskool Gericke oor die volgende onderrigfasiliteite:
1. ‘n Grootskerm-televisie of interaktiewe witbord in elke onderriglokaal.
2. Die skool voorsien aan elke opvoeder ‘n iPad, wat daagliks in vakonderrig gebruik word om leer relevant, betekenisvol en genotvol te maak.
3. ‘n Goed toegeruste rekenaarlokaal waar leerders weekliks volgens ‘n vaste rooster rekenaarvaardighede aanleer en aan die CAMI-lees- en Wiskunde- of Knowledge Network blootgestel word.
4. ‘n Goed toegeruste skoolbiblioteek met ‘n voltydse bibliotekaresse, waar die liefde vir lees ontwikkel word en kennis oor boeke en skrywers uitgebrei word. ‘n Verskeidenheid van fiksie, nie-fiksie en naslaanwerk is beskikbaar en boeke word gereeld aangevul. Leerders besoek die biblioteek een keer per week volgens ‘n vaste rooster.
​
Remediëring:
-
Remediërende klasse vir Tale en Wiskunde word aangebied waar moontlik.
-
Ekstra klasse word vir alle vakke aangebied, soos benodig.
ASSESSERING
​
Deurlopende informele assessering word daagliks volgens ‘n verskeidenheid assesseringstrategieë gedoen, ter voorbereiding van formele assessering. Formele assesseringstake word, soos vervat in die KABV-kurrikulum, gedoen.
Hierdie formele assesserings, bereken volgens die departementele 1 tot 7-kode skaal, bepaal die finale punt vir elke vak. Die leerders ontvang ‘n formele assesseringsplan aan die begin van die kwartaal. Aan die einde van die tweede- en vierde kwartaal skryf die gr. 4- tot gr. 7-leerders eksamen. Aan die einde van die eerste en tweede kwartaal word ‘n toetsreeks geskryf. Eksamen- of toetsreeksroosters en werksafbakenings vir al die vakke word twee weke voor die formele eksamen aan gr. 4- tot gr. 7-leerders beskikbaar gestel.
Progress reports are sent to parents at the end of each term. As needed, meetings are conducted with parents to discuss learners' progress. Learners requiring intervention receive support.
​
Learners requiring approved accommodations are accommodated to the fullest extent possible. Academic excellence is the top priority at Gericke Primary School. Therefore, differentiation is implemented, and individual assistance is provided to learners as necessary.
Laerskool Gericke spog met hoë akademiese standaarde en uitslae. Ons is trots op ons onderwyspersoneel en leerders.
SLAAGVEREISTES
Graad 4 – 6
-
Kode 4 (50%) in Huistaal
-
Kode 3 (40%) in Eerste Addisionel Taal
-
Kode 3 (40%) in Wiskunde
-
Kode 3 (40%) in enige ander twee vakke
Gewigtoekenning vir finale punte en bevordering aan die einde van die jaar:
Jaarpunt 80% en die eindeksamen 20%
Grade 7
-
Code 4 (50%) in Home Language
-
Code 3 (40%) First Additional Language
-
Code 3 (40%) in Maths
-
Code 3 (40%) in any other 3 subjects
-
Code 2 (30%) in any 2 of the remaining subjects
Weight allocation for final marks and promotion at the end of the year:
Year mark 60% and the end of year examination 40%
Welkom by Laerskool Gericke se Rekenaar- en Robotikaprogram!
At Gericke Primary we are committed to provide our students with a comprehensive and cutting-edge education in technology. Our computer classes utilise the renowned Knowledge Network, which is widely used in schools across South Africa and continues to be an essential part of the curriculum in many high schools. Through this program, our students gain proficiency in Microsoft programs such as Paint, Word, Excel and PowerPoint, along with a basic understanding of computers, the internet, and how to use them safely.
Benewens ons rekenaarklasse, bied ons ook 'n opwindende Kodeer- en Robotika Klub aan waarvoor leerders kan inskryf. In hierdie klub gebruik ons die bekende Resolute Robotics-program, wat strek van vlak 1 tot vlak 3. Leerders begin met die basiese beginsels en vorder tot meer gevorderde onderwerpe, insluitend 3D-ontwerp, bitkodeering en Python-programmering. Hulle kry ook 'n breë begrip van IT in die algemeen, wat hulle voorberei vir die tegnologie gedrewe wêreld van die toekoms.
Our robotics club is designed to foster creativity and innovation. Students have the opportunity to work hands-on with various robots, learning how to program and control them for different tasks. This practical experience helps to solidify their understanding of theoretical concepts and provides them with valuable problem-solving skills.
Ons is ook opgewonde om die onlangse toevoeging van 'n moderne 3D-drukker tot ons toerusting aan te kondig. Hierdie ongelooflike hulpmiddel stel leerders in staat om hul ontwerpe tot lewe te bring, vanaf konseptualisering tot fisiese modelle. Of dit nou gaan oor die skep van onderdele vir hul robotte of die ontwerp van nuwe uitvindings, die 3D-drukker verbeter die leerervaring deur 'n tasbare manier van verkenning en innovasie te bied.
One of the highlights of our program is the project undertaken by our grade 6 and 7 students, who are currently building a fully automated house equipped with advanced sensors. This project not only teaches them about automation and sensor technology but also encourages teamwork, critical thinking, and creativity.
Sluit aan by ons Laerskool Gericke, waar ons ons leerders bemagtig met die vaardighede en kennis wat hulle nodig het om uit te blink in die digitale era. Ons omvattende benadering verseker dat hulle goed voorberei is vir die toekoms, toegerus met beide teoretiese kennis en praktiese vaardighede in tegnologie.