GERICKE GEBED
​
1. Ons Vader wat in die Hemel is….
​
- Ons erken en onderwerp ons aan God ons Vader. Hy is die oppergesag van ons skool.
- Die naam van Jesus is bo alle name en alle omstandighede by die skool.
Ons spreek Jesus in:
- Elke klaskamer
- Elke gang
- Elke kantoor
2. Laat U Naam geheilig word…
​
- Mag alles wat ons dink, doen en sê daarvan getuig dat ons U eer.
- Mag ons woorde, woorde wees wat opbou en stig.
- Ons doel sal wees om U te eer en tevrede te stel, nie mense nie (1 Tess. 2: 4)
3. Laat U Koninkryk kom…
​
- Laerskool Gericke is ‘n sendingveld.
- Mag ons skool vir elke leerder, ouer en personeellid ‘n veilige hawe wees, waar ons in U kan groei.
- Mag ons elke kind raaksien, bemoedig, ondersteun en begelei. Ongeag die kind se agtergrond of omstandighede.
- Mag ons 1 Korintiërs 13: 4 – Love suffers long, is kind, does not envy, 13: 5 - is not rude or provoked, 13: 6 – rejoices in truth, not iniquity, 13: 7 – endures all things, 13: 8 – Love never fails, uitleef!
- Here gee ons wysheid.
4. Laat U Wil hier op aarde uitgevoer word…
​
- Ons is tot alles in staat deur Jesus (Fil. 4: 13).
- Transformeer ons, sodat ons na elke persoon met GROOT liefde kan kyk.
- Mag elke kind wat deur die gange van ons skool beweeg (die volle 8 jaar of slegs ‘n gedeelte daarvan), U vind en liefhê, geliefd voel.
- Maak ons harte oop en gebruik ons as U instrumente.
- Dit gaan nie oor ‘n skool of persoon nie, maar oor Jesus – dankie dat ons al ons bekommernisse vir U kan gee.
- Mag U ons help om ons kinders te beskerm teen die versoekings van die wêreld, ons dink spesifiek aan:
- Boeliegedrag
- Oneerlikheid
- Gebroke gesinne
- Ongeliefd voel / nikswêrd voel / minderwaardig
- Mag die personeel U ken: o In hul daaglikse lewe
- As hulle met ons kosbare kinders werk
- Mag hulle, hulle krag put by U
5. Gee ons die porsie brood wat ons vandag nodig het…
​
- Here, dankie dat U ons elke dag toerus met vars manna uit die Hemel.
- Stuur asseblief die personeel na ons skool wat U vir ons uitgekies het.
- Stuur asseblief leerders na ons skool wat U aan ons wil toevertrou.
- Mag ons lewe spreek oor elke kind, elke personeellid en elke ouer. Vul ons met U Heilige Gees.
- Laat U Woord, die Bybel ons maatstaaf en riglyn wees.
- Open the eyes of our hearts, that we may see Jesus.
6. Vergeef ons, ons sondeskuld…
​
- Here waar ons fouteer of nie aan U gehoorsaam was nie, vergewe ons: o Wat ons gesê / uitgespreek het
- Wat ons gedink het
- Wat ons oor kinders, personeel of ouers gespreek het
- Vernuwe ons denkpatroon (Rom, 12: 2)
7. Soos ons ook ons skuldenaars vergewe…
​
- Here ons wil mense vryspreek en vergewe wat sleg praat oor ons skool.
8. Bewaar ons van versoeking…
​
- Here ons is IN die wêreld, maar nie VAN die wêreld nie. Gee ons Beheerliggaam, Skoolbestuur en alle rolspelers die wysheid en onderskeidingsvermoê. Mag U Woord ons beskerm en waarsku en begelei. Mag U Woord vir alle rolspelers van die skool, dié riglyn wees.
- Laat U Woord ‘n lamp en lig wees vir my / ons oog.
​
9. Bevry ons van die greep van die bose…
​
- Dankie Here dat ons kan vertrou dat U elke verkeerde in ons skool sal ongedaan maak, sal afbreek, elke o Vloek wat dalk uitgespreek is
- Negatiewe afbrekende woorde wat gebruik is
- Negatiewe gedagte of bekommernis
- Minderwaardigheidsgevoel
10. Want aan U behoort die Koninkryk, die krag en heerlikheid tot in Ewigheid. Amen!
​